Maar Jesus het die kindertjies geroep en gesê: “Laat die kinders na My toe kom en moenie hulle keer nie, want God is Koning oor mense soos hulle. Lukas 18:16 (ABA). Klein Karaktertjies bestaan om kleuters te leer om hulle identiteit in Jesus - en sy plan vir hulle lewe - te vind, sodat hulle geestelik, akademies, sosiaal en emosioneel in hulle Koningkryksdoel kan ontwikkel.
Leer meer...
Ons personeel skep intensioneel 'n koesterende geesvervulde ruimte om die verwondering en verkenning van hul kinderjare te beskerm waar hulle in veiligheid en in Sy teenwoordigheid eienaarskap, verantwoordelikheid en onafhanklikheid kan leer. Sy Woord is ons riglyn en maatstaf vir die oprigting van die volgende Jesus-generasie.
ONS ETOS
As kleuterskool begin ons elke dag in die teenwoordigheid van die Here, en stel Hom eerste deur Hom in ons akademiese dag te verwelkom. Ons glo dat wanneer ons in Sy teenwoordigheid beweeg ons die waardes van die kleuterskool soos aanbidding, uitnemendheid, 'n sterk werketiek, integriteit, en nederigheid sal sien.
Skoolure is vanaf Maandae tot Vrydae, 06:30-17:30 vir voldag en halfdag vanaf 06:30-12:30
Klasse beskikbaar by Klein Karaktertjies
Ouderdoms Groepe en Naskool
By ons kleuterskool bied ons liefdevolle, veilige en stimulerende klasse vir elke fase van jou kind se ontwikkeling. Elke klas is spesifiek ontwerp om jou kind se groei – emosioneel, sosiaal, fisies en akademies – te ondersteun. Ons klasse skep ’n fondasie van selfvertroue, nuuskierigheid en ’n liefde vir leer.
“Ons koester kleinding gedagtes en inspireer groot harte”
Ontmoet die Span
Aneska Shabalala
(Assistent)
Renda Viljoen
(Hoof)
Rozanne v/d Merwe
(Administrasie )
Al jou vrae, met liefde en sorg beantwoord.
Gereelde Vrae
Die keuse van ’n kleuterskool is ’n belangrike en persoonlike besluit, daarom het ons hierdie afdeling saamgestel om van die mees algemene vrae wat ouers vra, duidelik en maklik te beantwoord. Ons hoop dit help jou om met vertroue en gemoedsrus die regte keuse vir jou kind te maak.
Hoeveel kinders is daar per klas en hoeveel personeel is teenwoordig?
4-5 3-4 net n juffrou 15 kinders per klas1-6 babaklas 7 kinders juffrou en assistent
V. Is die skool geregistreer en voldoen dit aan veiligheidsregulasies?
V. Watter veiligheidsmaatreëls is in plek? Toegangsbeheer, noodprosedures, siektebeleid, ens.
V. Wat behels die skoolfooie en wat is alles ingesluit? Sluit dit etes, aktiwiteite en uitstappies in?
V. Wat moet my kind saambring skool toe? Kleredrag, kosblik, beddegoed vir slaaptyd, ens.
V. Hoe hanteer julle dissipline?
V. Hoe word ouers ingelig oor hul kind se vordering? Kry ons terugvoering, verslagdoening of ouergesprekke?
V. Hoe hanteer julle siek kinders? Wanneer moet ’n kind tuisbly en hoe word siektes bestuur?
V. Is daar buitemuurse aktiwiteite of spesiale programme? Soos sport, musiek, beweging, of kultuuraktiwiteite?